AF

Isolering

Isolering voorkom ongewenste deurdringing of geleiding en beveilig mens en dier teen elektriese skok. Isolering voorkom ook die verlies van energie, veral waar dit nodig is om ‘n gunstige lewensklimaat daar te stel, Isolering van elektrisiteit, warmte, geluid en vog speel ‘n belangrike rol in die samelewing. ‘n Groot verskeidenheid van materiale en metodes word in huishoudings, die handel en die nywerheid aangewend as isolering.

   Hierdie artikel behoort versmelt te word met Isolator (elektrisiteit).

. . . Isolering . . .

Die grootskaalse gebruik van elektrisiteit het tot wetgewing aanleiding gegee wat vir behoorlike isolering voorsiening maak. Elektrisiteit kan gevaarlike skokke en selfs ook brande veroorsaak. In Suid-Afrika omskryf nywerheidswetgewing ‘n omvattende aantal reëls en regulasies wat installering en isolering betref. Waar elektrisiteit betrokke is, bepaal sekere voorskrifte hoe isolering moet plaasvind, watter materiale die geskikste is, en wat die maksimum aanslag is wat die isolering in die vorm van druk, skokke, temperatuur en spanning kan weerstaan.

By elektrisiteit kom isolering voor in die vorm van geleieromhulsels, kontakpunte wat in isolasiemateriaal gemonteer word om as skakelaars te dien, isolators waaraan kabels gehang word, pype waarin bedrading gelê word, en die handvatsels en omhulsels van apparaat en toerusting. Wanneer ‘n te groot elektriese stroom deur ‘n geleier gestuur word, word die geleier warm en kan sy omhulsel smelt. Dit is dan moontlik dat twee aan liggende geleiers aan mekaar kan raak. In so ‘n geval ontstaan daar vonke wat ʼn brand kan veroorsaak.

Warmte het die eienskap dat dit van ‘n voorwerp met ‘n hoë temperatuur na ‘n voorwerp met ‘n lae temperatuur beweeg. Energie word daarmee saam oorgedra. Met termiese isolering word gepoog om hierdie verlies te voorkom, deur die beweging van warmte te beperk. ʼn Skeiding word dus aangebring om die oordrag van warmte te verhoed. ‘n Daling of styging in temperatuur vind met die oordrag van warmte plaas.

In die samelewing word gepoog om temperature vir bepaalde doeleindes bestendig te hou. ‘n Bestendige lae temperatuur word vir die begin van voedsel vereis terwyl gemiddelde temperature vir ‘n gunstige lewensklimaat, en hoë tot baie hoë temperature vir verskeie prosesse nodig is. Die beweging van warmte vind deur geleiding, straling en stroming plaas. Materiale se vermoë om warmte te gelei, word deur ʼn warmtegeleidingskoëffisiënt wat eie is aan elke materiaal bepaal.

Dit is ʼn faktor wat op isolasiemateriaal van toepassing is en aandui in watter mate warmte deur ‘n isolasielaag van een kubieke meter sal beweeg om ‘n temperatuurverskil van 1 K (een kelvin) teweeg te bring. Vir staal is die faktor byvoorbeeld 45 teenoor 1,2 vir beton. 0,1 vir hout en 0,04 vir kurk. Hoe kleiner die syfer, hoe minder warmte sal gelei word. Materiale met ‘n koëffisiënt van minder as 0,5 is vir isolering geskik en word isolators genoem.

Lug is ook ‘n swak geleier van warmte, en goeie resultate word verkry wanneer verskeie lae isolasiemateriaal met lugleegtes tussen-in gebruik word. Materiale wat vir isolering geskik is, is onder meer asbes, gips, sement, bitumen-emulsies, saamgeperste hout, veselglas en poreuse stowwe soos skuimrubber en polistireen. Dit is in die vorm van wol, vesels of plate beskikbaar. Doeltreffende isolering kan verkry word wanneer van dubbele wande, gewoonlik plastiek- of metaalplate waartussen die isolasiemateriaal geplaas word, gebruik gemaak word. Koelkaste, vrieskaste en oonde word gewoonlik hiervan voorsien. Met koel- en vrieskaste word die indringing van warmte en nie die ontsnapping daarvan nie, voorkom.

Heelwat energie word verbruik om geboue in die somer koel te hou en om dit in die winter te verhit. Daar word gepoog om geboue so te ontwerp dat die binne-temperature outomaties bestendig bly. Dit word verkry deur die mure met dubbele wande te bou en om isolasiemateriaal tussen-in te voeg. Isolasiemateriaal word ook in die dak, gewoonlik bo-op die plafon of direk onder die dakbedekking, geplaas. Die vloere word met matte uitgelê en die gebou vorm so ‘n eenheid waarin temperature heelwat meer bestendig bly. Met straling word gevind dat blink oppervlaktes warmte weerkaats en dat donker oppervlaktes warmte absorbeer. Goeie isolering teen straling word met metaalfoelie, waarvan aluminiumfoelie die bekendste is, verkry. Om warmte binne ‘n konstruksie te hou, word die binnekantste wande dus blink gemaak sodat die warmte teruggestraal word.

Klank word deur sowel lug as vaste stowwe voortgeplant en kan geïsoleer of gedemp word. Vaste stowwe het die eienskap dat dit van die klank wat daarin voortgeplant word, absorbeer Poreuse materiale absorbeer die meeste klank. Die beweging van lug in die porieë word in warmte omgesit, en die warmte word geabsorbeer. Materiale soos skuimrubber, hout, glasvesel, kurk, linne en wol het almal ‘n goeie absorbsievermoë. As dit teen materiale met ‘n swak absorbsievermoë geïnstalleer word, word die totale vermoë daardeur beïnvloed.

Gordyne en slap panele absorbeer klank ook goed. Om die oordrag van klank na vaste stowwe soos beton en staal te beperk, word vals plafonne en swewende vloere wat op isolasiemateriaal rus, geïnstalleer. In die algemeen verbeter stowwe se isoleringseienskappe namate die massa daarvan toeneem. Om die koste van  mure en vloere dikker gemaak word.

. . . Isolering . . .

This article is issued from web site Wikipedia. The original article may be a bit shortened or modified. Some links may have been modified. The text is licensed under “Creative Commons – Attribution – Sharealike” [1] and some of the text can also be licensed under the terms of the “GNU Free Documentation License” [2]. Additional terms may apply for the media files. By using this site, you agree to our Legal pages . Web links: [1] [2]

. . . Isolering . . .

Back To Top