AF

Johannes Kotzé

Ds. Johannes Jacobus Kotzé (Kaapstad, 4 November1832Kaapstad, 19 Maart1902) was ‘n omstrede predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk wie se naam ten nouste verbind word met die sogenaamde stryd teen die liberalisme van die dekade ná 1860 en daarna.

Ds. Johannes Kotzé was die hoofwoordvoerder van die liberale in die Kaapse Sinode van 1862, waartydens oudl. H. Loedolff van Malmesbury voorgestel het dat die gemeentes van buite die Kaapkolonie nie langer deel van die Kaapse Kerk mag wees nie.

. . . Johannes Kotzé . . .

Ds. Kotzé was die oudste seun van Petrus Johannes Kotzé en Susanna Maria Blanckenberg (1811–1873). Sy enigste broer was G.J. Kotzé en dr. Johannes Jacobus Kotzé, ook ‘n NG predikant, was ‘n neef van hom. Ds. Kotzé se vader was twee termyne lank burgemeester van Kaapstad en eweneens twee termyne lank verteenwoordiger van Kaapstad in die Kaapse Wetgewende Vergadering. Hulle het eers op die landgoed De Hoop, Tamboerskloof en daarna op Leeuwenhof in die Tuine gewoon.

As een van die skranderste leerlinge uit die skool van dr. Antoine Changuion, het Kotzé in Maart 1852 na Nederland vertrek, waar hy in die teologie studeer het, veral vanaf 1855 aan die Universiteit van Leiden waar soveel Afrikaanse predikante hulle destyds bekwaam het voor die oprigting in 1859 van die Kweekskool op Stellenbosch. Hy het veral in klassieke tale presteer.

In September 1858 was ds. Kotzé terug in Kaapstad en is hy en sy stadsgenoot, ds. Jan Hofmeyr, die latere moderator van die NG Kerk en onvergeetlike predikant van die NG gemeente Somerset-Oos, gelegitimeer. Agt maande later besluit ds. Kotzé om na die NG gemeente Heidelberg, Kaap, te gaan, maar die gemeente Darling hom kort daarna ook as sy eerste leraar beroep, het hy die beroep na Heidelberg bedank en is hy op 31 Julie1859 op Darling bevestig.

Die sogenaamde liberale driemanskap: di. S.P. Naudé (agter), Thomas Burgers (links voor) en ds. Kotzé.

Deels deur sy toedoen, het die eerste Sinode wat die jong predikant van Darling bygewoon het, een van die belangrikstes in die geskiedenis van die NG Kerk geword. Hier het die vonke opgevlam van die stryd wat reeds ‘n aantal jare in Kaapse kerklike kringe gesmeul het op en ‘n tiental jare en langer sou die moderne teologie, ook die “liberalisme” genoem, die kerklike lewe in Suid-Afrika in beroering gehou.

Voor die stigting van die teologiese seminarie op Stellenbosch het Kaapse studente vir hul teologiese opleiding veral na die Nederlandse universiteite gegaan, waar, sedert ongeveer 1855, die moderne rigting — onder knap hoogleraars soos C.W. Opzoomer (Utrecht), J.H. Scholten (Leiden) en later ook Abraham Kuenen (Utrecht) — groot opgang gemaak het. Vanselfsprekend was sommige van dié studente toe hulle terugkeer, deurdrenk van vrysinnige leerstellings wat die ortodokse beskouinge van hul kerk en volk verdring het. Dit was in die besonder die geval met die drie proponente, Kotzé self, Thomas François Burgers en S.P. Naudé, wat tussen 1858 en 1860 aan die Kaap gelegitimeer is. Van hierdie driemanskap het Kotzé “met sy besonderse gawes, sterk persoonlikheid, indrukwekkende prediking en onvermoeide persarbeid” (volgens ds. H.C. Hopkins), sowel die aangewese leidsman as die mondstuk van die “liberale” beweging in die algemeen geword.

. . . Johannes Kotzé . . .

This article is issued from web site Wikipedia. The original article may be a bit shortened or modified. Some links may have been modified. The text is licensed under “Creative Commons – Attribution – Sharealike” [1] and some of the text can also be licensed under the terms of the “GNU Free Documentation License” [2]. Additional terms may apply for the media files. By using this site, you agree to our Legal pages . Web links: [1] [2]

. . . Johannes Kotzé . . .

Back To Top