AF

Ou Apostoliese Kerk

Die Ou Apostoliese Kerk is ‘n Christelike gemeenskap wat ontstaan het uit die Albury-beweging, wat in 1832 gelei het tot die ontstaan van die Katoliek Apostoliese Kerk,[1] en later die Nuwe Apostoliese Kerk.[2] Die Ou Apostoliese Kerk is deel van ‘n groep kerke wat as Irvingisme bekendstaan en glad nie deel van die Protestante kerke nie.

Die Ou Apostoliese kerk, Swellendam.

. . . Ou Apostoliese Kerk . . .

Carl George Klibbe het die Nuwe Apostoliese Kerk in die 1889 in Suid-Afrika gevestig. Aanvanklik het hy gesukkel om ‘n gemeente in Bellville en Worcester te vestig, maar was meer suksesvol in Southernwood, Oos-Londen, waar die eerste gemeente tot stand gekom het.

In 1892 is Klibbe deur H.F. Niemeyer in Australië verorden as die eerste apostel vir Afrika. Die eerste verseëlingsdiens het op 10 April1904 in Woodstock plaasgevind.

Klibbe het hom van 1908 af meer van die Kerk in Duitsland vervreem en in 1913 is hy van sy amp onthef deur die hoofapostel Hermann Niehaus. Wilhelm Schlaphoff is in sy plek as apostel aangestel. ‘n Skeuring het in die Suid-Afrikaanse tak van die kerk ontstaan met die Duitse tak. Hierdie skeuring het tot verwarring gelei en gevolglik is daar twee groepe in Suid-Afrika, wat bekend staan as die Nuwe Apostoliese Kerk. Die een groep is onafhanklik van die Duitse kerk onder leiding van Klibbe en die ander groep, wat nog steeds deel is van die Duitse kerk onder leiding van Apostel Schlaphoff is.

In 1915 het die Suid-Afrikaanse tak onafhanklikheid van die Duitse kerk verklaar.

In 1926 in ‘n ooreenkoms met die volgelinge van Schlaphoff het Klibbe besluit om die naam “Ou Apostoliese Kerk” aan te neem.[3][4]

Klibbe het in Mei 1931 gesterf en is deur Apostels E.F.W. Ninow, C.F.W. Ninow en W. Campbell opgevolg, wat hy voor sy dood aangewys as sy opvolgers het.

In Julie 2006 het drie Apostels van die Duitse kerk, Apostelamt Jesu Christi hulle kerk tesame met hulle volgelinge verlaat en die Duitse tak van die Ou Apostoliese Kerk gestig.[5]

Die OAK het ongeveer 1,5 miljoen lidmate in Suid-Afrika alleen. Die OAK is ook gevestig in Namibië, Botswana, Zimbabwe, Zambië, Malawi, Mosambiek, Australië, Nieu-Seeland, VSA, Kanada, Verenigde Koninkryk, Nederland, België en Duitsland.[6]

. . . Ou Apostoliese Kerk . . .

This article is issued from web site Wikipedia. The original article may be a bit shortened or modified. Some links may have been modified. The text is licensed under “Creative Commons – Attribution – Sharealike” [1] and some of the text can also be licensed under the terms of the “GNU Free Documentation License” [2]. Additional terms may apply for the media files. By using this site, you agree to our Legal pages . Web links: [1] [2]

. . . Ou Apostoliese Kerk . . .

Back To Top