AF

Rudolf Kempe

Rudolf Kempe (14 Junie191012 Mei1976) was ‘n Duitsedirigent.

Rudolf Kempe

. . . Rudolf Kempe . . .

Kempe is in Dresden gebore waar hy vanaf die ouderdom van veertien jaar by die Dresden Staatsoperaskool studeer het. Hy het van 1929 af in die opera-orkes van Dortmunder Philharmonikerhobo gespeel, en later ook in die Leipzig Gewandhausorkes. Bykomend tot die hobo het hy ook gereeld die klavier bespeel, hetsy as solis, hetsy as begeleiding in kamermusiek, as gevolg waarvan die nuwe Direkteur van die Leipzig Opera hom in 1933 uitgenooi het om ‘n répétiteur, en later ‘n dirigent, vir die operahuis te word.[1]

Gedurende die Tweede Wêreldoorlog was Kempe na die leër opgeroep, maar in stede van aktiewe diens is hy ontplooi in musikale aktiwiteite, waar hy vir die troepe gespeel het, en later die hoofdirigeerpos van die Chemnitz operahuis oorgeneem het. [1]

Kempe het die Dresden Opera en die Staatskapelle Dresden van 1949 tot 1952 gelei, waar hy sy eerste opnames gemaak het, insluitende Der Rosenkavalier, Die Meistersinger en Der Freischütz. ‘Hy verkry ‘n oortreffende en indrukwekkende prestasie van die Dresden orkes,’ het die The Record Guide gekonstateer.[2] Hy het vir die res van sy lewe ‘n verhouding met die Dresden orkes onderhou, en sommige van die bekendste opnames saam met die orkes gemaak gedurende die stereo era.

Sy internasionale loopbaan het afgeskop met betrekkinge by die Weense Staatsopera in die 1951 seisoen, waarvoor hy Die Zauberflöte, Simon Boccanegra, en Capriccio. gedirigeer het[1]

Hy was uitgenooi om Georg Solti as hoofdirigent van die Beiere Staatsopera in München op te volg van 1952 tot 1954, en was deur die Oos-Duitse owerheid toegelaat om so te doen sonder dat hy sy bande met Dresden moes breek.[1] In 1953 het Kempe met die München geselskap by die Royal Opera House in Londen verskyn waar die Algemene Administrateur, Sir David Webster vinnig besluit het dat Kempe die ideale Musikale Direkteur vir Covent Garden sou wees. Kempe het egter die aanstelling afgewys, en het ook nie die hoof-pos by enige operahuis aangeneem nadat hy München in 1954 verlaat het nie. Hy het nietemin dikwels by Covent Garden gedirigeer en was aldaar uiters gewild, [1] en het sulke werke soos onder andere Salome,Elektra,Der Rosenkavalier, Der Ring des Nibelungen, Un Ballo in Maschera en Madama Butterfly gelei, in navolging waarvan die kritikus Andrew Porter Kempe se opera leiding gunstig vergelyk het met die van Arturo Toscanini en Victor de Sabata.[3] As gas-dirigeer het Kempe dikwels München herbesoek waar hy meestel werke uit die Italiaanse repertoire gelei het.

Kempe se eerste uitvoering by die Bayreuth Festspielhaus was in 1960. Hy het aldaar die Ringsiklus gelei, welke uitvoering noemenswaardig was vir ‘n veelvuldige rolverdeling, met die rol van Wotan wat verdeel is tussen Hermann Uhde en Jerome Hines, en die rol van Brünnhilde tussen Astrid Varnay en Birgit Nilsson.

. . . Rudolf Kempe . . .

This article is issued from web site Wikipedia. The original article may be a bit shortened or modified. Some links may have been modified. The text is licensed under “Creative Commons – Attribution – Sharealike” [1] and some of the text can also be licensed under the terms of the “GNU Free Documentation License” [2]. Additional terms may apply for the media files. By using this site, you agree to our Legal pages . Web links: [1] [2]

. . . Rudolf Kempe . . .

Back To Top