AF

Wildehond

Die Afrika wildehond (Lycaon pictus) is ‘n karnivoor en soogdier uit die familieCanidae. Wildehonde kom slegs in Afrika voor, veral in struikvelde en ander lig beboste gebiede. Dit is die enigste spesie in die genusLycaon.

Wildehond
‘n Wildehond in die Melbourne-dieretuin.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Caninae
Genus:
Lycaon

Brookes, 1827
Spesie:
L. pictus
Binomiale naam
Lycaon pictus

(Temminck, 1820)
Verspreiding van die wildehond.

In Suider-Afrika word die wildehond meestal in die Krugerwildtuin, Botswana, Namibië en KwaZulu-Natal aangetref. Wildehonde leef in troppe en is veral bekend as roofdiere wat hul prooi meedoënloos jag.

. . . Wildehond . . .

Die soogdier het groot, ronde ore, ‘n kort donker snoet en langerige hare. Kenmerkend is hul lang wit sterte wat opgelig word wanneer hulle opgewonde is. Hulle is oorwegend wit met geelwit, swart en skakerings van bruin vlekke oor die hele lyf. Daar is ‘n donker streep van die voorkop na agter oor die kop. ‘n Volwasse wildehond het ‘n gemiddelde massa van 25 kg en ‘n hoogte van tussen 60 en 75 cm.

Die wildehond lyk baie soos ‘n gewone hond en weeg tussen 25 en 45 kg. Sy pels is kort en glad met geel, wit, swart en bruin kolle. Die stertpunt is gewoonlik spierwit. Die reune is donkerder as die tewe. Die wildehond het besonder groot, ronde ore en ʼn donker snoet. Anders as die ander lede van die hondfamilie het die wildehond vier in plaas van vyf tone.

Hulle verkies bosveld of operige dele. Die diere lewe in troppe van gewoonlik 10 – 15 diere wat saam jag en kossoek. Hulle maak staat op hul sig eerder as reuk tydens jagtogte. Die wyfie is telkens vir twee maande dragtig en skenk dan gewoonlik in die winter geboorte aan twee tot ses kleintjies. ‘n Wildehond het ‘n moontlike lewensduur van tien jaar. Na ‘n jagtog vomeer die grotes by die kleintjies sodat hulle ook kan eet.

Wildehonde jag normaalweg in troppe: die prooi word gejag en in die hardloop verskeur.

‘n Werpsel bevat hoogstens 9 kleintjies, wat na ‘n dratyd van ongeveer 71 dae in ou erdvarkgate gebore word. Die kleintjies bly daar totdat hulle groot genoeg is om saam te gaan jag. Nadat hulle gespeen is, voed die wyfie hulle met half verteerde vleis wat sy uitbraak. Wildehonde is bekend vir hul uitsonderlike jagmetodes.

Hulle jag soggens of saans in troppe van 4 tot 60, hoewel daar gewoonlik nie meer as 20 in ‘n trop is nie. Hulle gebruik hoofsaaklik hul reuk- en sigsintuie vir jag en hulle val meestal hoefdiere aan. Die leier van die trop kies ʼn prooi, meestal ‘n swak of siek dier, uit, waarna die trop hom volg.

Die prooidier word aangeval totdat hy van uitputting neerslaan en dan word hy vinnig verskeur. Omdat wildehonde maklik vee vang en oor groot afstande beweeg, word hulle meestal dadelik uitgeroei wanneer hulle buite wildtuine kom. In veral lande soos Suid-Afrika is die diere vandag gevolglik baie skaars en word hulle deur uitwissing bedreig.

  • Afrika wildehond
  • Twee wildehonde verskeur ‘n stuk vleis.

. . . Wildehond . . .

This article is issued from web site Wikipedia. The original article may be a bit shortened or modified. Some links may have been modified. The text is licensed under “Creative Commons – Attribution – Sharealike” [1] and some of the text can also be licensed under the terms of the “GNU Free Documentation License” [2]. Additional terms may apply for the media files. By using this site, you agree to our Legal pages . Web links: [1] [2]

. . . Wildehond . . .

Back To Top