AF

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006

Die 18de FIFASokker-Wêreldbekertoernooi (Duits: Fußball-Weltmeisterschaft 2006 – Deutschland 2006; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 9 Junie tot 9 Julie 2006 in Duitsland aangebied. Dit was die tweede Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Duitsland aangebied is, ná die toernooi van 1974, en die tiende in Europa. Duitsland het die vierde land geword wat die toernooi vir ‘n tweede keer gehuisves het, net ná Meksiko in 1986, Italië in 1990 en Frankryk in 1998. Die toernooi is onder die leuse Die Welt zu Gast bei Freunden (“Die wêreld as ‘n gas by vriende”) gehuisves en weens die goeie somerweer en atmosfeer later Sommermärchen (“somersprokie”) genoem. Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2005 het as voorbereiding vir die gasheerland gedien.

FIFA Sokker-Wêreldbeker
FIFA Fußball-Weltmeisterschaft
Deutschland 2006
Toernooi-inligting
Gasheerland  Duitsland
Datums 9 Junie – 9 Julie
Spanne 32 (van 6 konfederasies)
Stadions 12 (in 12 stede)
Finale uitslag
Kampioene  Italië (4 titels)
Tweede plek  Frankryk
Derde plek  Duitsland
Vierde plek  Portugal
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel 64
Doele 147 (2.3 per wedstryd)
Bywoning 3 359 439 (52 491 per wedstryd)
Meeste punte Miroslav Klose (5 doele)
Beste speler Zinedine Zidane
2002
2010

32 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006 deelgeneem. Die spanne is in agt groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die agtste eindrondte deurgedring het. Italië wen die kompetisie nadat hulle Frankryk in die eindstryd klop en sodoende hulle vierde wêreldbeker inpalm. Die eindtelling was Italië 1 – Frankryk 1, maar Italië wen uiteindelik 5–3 met strafdoele.[1] Met die verowering van die wêreldbekertitel het Italië outomaties vir die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009 in Suid-Afrika gekwalifiseer. Duitsland eindig in die derde en Portugal in die vierde plek.

Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan kon nie vir die toernooi kwalifiseer nie en het dus nie deelgeneem nie. Die nasionale sokkerspanne van Angola, Ghana, Ivoorkus, Oekraïne, Serwië en Montenegro, Togo, Trinidad en Tobago en Tsjeggië het vir die eerste keer aan ‘n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem. Oekraïne het vroeër deel uitgemaak van die Sowjetse nasionale sokkerspan, Serwië en Montenegro van die Joego-Slawiese en Tsjeggië van die Tsjeggo-Slowaakse s’n; al drie was van die suksesvolste mededingers tydens Sokker-Wêreldbekertoernooie.

. . . FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006 . . .

Franz Beckenbauer, hoof van die Duitse reëlingskomitee
Openingseremonie van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006

Duitsland is op 6 Julie 2000 in Zürich deur FIFA gekies as die gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006. Ander kandidaatlande was Brasilië, Engeland, Marokko en Suid-Afrika, maar Brasilië het voor die stemming hulself onttrek. Suid-Afrika sal uiteindelik gasheer vir die volgende FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 word.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006[2]
Land Rondte 1 Rondte 2 Rondte 3
 Duitsland 10 11 12
 Suid-Afrika 6 11 11
 Engeland 5 2
 Marokko 3

. . . FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006 . . .

This article is issued from web site Wikipedia. The original article may be a bit shortened or modified. Some links may have been modified. The text is licensed under “Creative Commons – Attribution – Sharealike” [1] and some of the text can also be licensed under the terms of the “GNU Free Documentation License” [2]. Additional terms may apply for the media files. By using this site, you agree to our Legal pages . Web links: [1] [2]

. . . FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006 . . .

Back To Top