AF

Gereformeerde kerk Johannesburg-Wes

Die Gereformeerde kerk Johannesburg-Wes was ’n gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika in, soos die naam aandui, die weste van die Goudstad met sy kerkgebou in die voorstad Brixton.

Die kerkgebou nadat dit in ‘n woonhuis omskep is.
Die kerkraad in 1942 saam met ds. A.A. Venter.
Die Gereformeerde kerk Johannesburg-Wes, lank voor dit in ‘n woonhuis omskep is. Dit was een van die argitek Gerard Moerdyk se laaste ontwerpe. Sy medeargitek was Henry Watson, wat ook meegewerk het aan die Voortrekkermonument. Die besluit om die kerk te bou is op 14 November1945 geneem.
Die kerkraad in 1955 saam met ds. D.J. van der Walt.
Ds. A.A. Venter, van 1935 tot 1951 Johannesburg-Wes se eerste leraar.
Ds. A.A. Venter lê die kerk se hoeksteen op 10 April1948.
Mev. Hester Venter, die gemeente se eerste predikantsvrou, 1935 tot 1951.
Ds. D.J. van der Walt, van 1951 tot 1955 die tweede leraar.
Mev. ds. D.J. van der Walt, predikantsvrou van 1951 tot 1955.
Ds. Louis van der Walt was net enkele maande in 1955 die leraar toe hy sy emeritaat aanvra om ‘n betrekking te aanvaar by die Bybelgenootskap.
Ds. Peet Duvenage, leraar van 1962 tot 1971, hier afgeneem in 1956 toe hy verkies is tot sekretaris van die studenteraad aan die PU vir CHO.

. . . Gereformeerde kerk Johannesburg-Wes . . .

Die gemeente het op 13 Desember1930 van die Gereformeerde kerk Johannesburg afgestig nadat Johannesburg-Oos en -Noord reeds ses jaar vantevore onderskeidelik op 29 Februarie en 1 Maart1924 uit Johannesburg ontstaan het. Die gemeente Johannesburg-Wes het sy kerkgebou 1 km wes van die Hertzog- of Brixtontoring opgerig in Putneyweg, Brixton, op ’n rif wat as hoofwaterskeiding dien. Noord daarvan vloei die riviere oos en suid vloei hulle wes. So was die kerkgebou soos ’n kerk op ’n berg vir die omliggende voorstede van Brixton, Auckland Park, Rossmore, Westdene, Mayfair-Wes, Crosby en Hurst Hill waar mettertyd so ’n groot konsentrasie Afrikaanssprekendes gewoon het dat feitlik elkeen van dié voorstede ’n NG gemeente kon onderhou: Brixton, Aucklandpark, Johannesburg-Wes (Mayfair-Wes), Westdene, Mayfair, Fordsburg, Crosby en Crosby-Wes (Hurst Hill). Langlaagte, Mayfair en CottesloeVrededorp) het in Maart 1952 deel geword van die Gereformeerde kerk Johannesburg-Sentraal, terwyl ’n gedeelte van Auckland Park saam met Melville en Westdene deel was van Johannesburg-Noord.

Op 1 April1943 is die grense tussen Johannesburg en Johannesburg-Wes opgehef, toe die gemeente Johannesburg-Wes word. Op 22 Oktober1950 is Johannesburg met 427 belydende lidmate herstig en het dit vanaf 1952 bekendgestaan as Johannesburg-Mayfair. Ná die herstigting het Johannesburg-Wes agtergebly met 794 belydende lidmate.

Die gemeente se eerste kerk (eintlik ’n kerksaal), by Fulhamweg 67, is op 29 Augustus1931 in gebruik geneem. Dit staan nog, maar is op 11 Julie11945 vir £3 250 verkoop. Die argitek was Nellie Edwards nadat Rowe en Rowe se plan afgekeur is.[1] Die tweede en laaste kerk was by Putneyweg 35, ook in Brixton, sowat 250 m van die eerste gebou af. Die argitekte was Gerard Moerdyk en Henry Watson. Ds. Ammi Venter het die hoeksteen op 10 April1948 gelê. Die teksvers daarop is Ps. 115:1 “Nie aan ons, o HERE, nie aan ons nie, maar aan u Naam gee eer, om u goedertierenheid, om u trou ontwil.[2] Die gebou, so het ‘n lidmaat 70 jaar ná die hoeksteenlegging vertel, “was teen ‘n erge helling, en die saal/konsistorie was onder die kerk geleë. Ons jonges het buite om beweeg vir ons aktiwiteite ( katkisasie, JV, ens.), maar die kerkraad het met ‘n binnetrap in die kerk ‘verskyn’. As kind was dit vir my ‘n diep geheimenis. Kinders is nie eintlik daar toegelaat nie en ons kon net wonder waar hulle vandaan kom.”

. . . Gereformeerde kerk Johannesburg-Wes . . .

This article is issued from web site Wikipedia. The original article may be a bit shortened or modified. Some links may have been modified. The text is licensed under “Creative Commons – Attribution – Sharealike” [1] and some of the text can also be licensed under the terms of the “GNU Free Documentation License” [2]. Additional terms may apply for the media files. By using this site, you agree to our Legal pages . Web links: [1] [2]

. . . Gereformeerde kerk Johannesburg-Wes . . .

Back To Top