AF

Irma Stern

Irma Stern (Schweizer-Reneke, Z.A.R., 21 Oktober1894Kaapstad, 23 Augustus1966) was ‘n Suid-Afrikaanse kunsskilder. Vroeg in die 21ste eeu het sy die Suid-Afrikaanse skilder geword wie se werk die hoogste pryse behaal.

Irma Stern
Irma Stern

Geboortenaam Irma Stern
Geboorte 21 Oktober1894
Schweizer-Reneke
Sterfte 23 Augustus 1966 (op 71)
Kaapstad
Nasionaliteit Suid-Afrika
Ouers Samuel en Henny Stern
Beroep Kunsskilder en keramiekkunstenaar
Huweliksmaat Prof. Johannes Prinz (later geskei)
Kind(ers) Geen

. . . Irma Stern . . .

Twee Arabiere deur Irma Stern het op 26 September 2011 die rekord opgestel vir die duurste skildery op ‘n veiling in Suid-Afrika toe dit teen R21 miljoen verkoop is.[1] Van haar skilderye is al in die buiteland teen meer verkoop.[2]
“Portrait of a woman wearing a pink hijab” (1941), olie op doek. Strauss Art het dit in 2012 vir R8,35 miljoen verkoop.[3]
Arabier, ‘n skildery deur Irma Stern. Die kunsafslaers Strauss & Co’s het dit op 22 Junie 2012 teen R17 267 000 verkoop, indertyd die tweede hoogste bedrag wat vir ‘n Suid-Afrikaanse skildery op ‘n veiling betaal is. Dieselfde maatskappy het in 2011 Arabiere, ook deur Stern, teen R21 166 000 verkoop.

Stern was die dogter van Samuel en Henny Stern. Haar ouers wat van Duits-Joodse afkoms was het hulle in Wes-Transvaal gevestig. Met die uitbreek van die Tweede Anglo-Boereoorlog (1899) is Stern en haar gesin eers na Kaapstad en toe na Europa, waar sy drie jaar lank in Berlyn skoolgegaan het. Op negejarige leeftyd het sy na Suid-Afrika teruggekeer en toe reeds belangstelling in tekenwerk getoon. In die daaropvolgende jare het sy haar ouers dikwels op hul besoeke na Europa vergesel.

Met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog (1914–18) was hulle verplig om daar te bly totdat vyandelikhede gestaak is. Gedurende die periode het Irma haar met erns op die skilderkuns toegelê en in 1913 by die Weimar-akademie ingeskryf waar sy onder Gari Melchers (Melcheris) studeer het. Die jaar daarop is sy na die Ateljee Levin-Funcke in Berlyn, waar sy onder die leiding van Martin Brandenburg gewerk het. Daarna het sy na Weimar teruggekeer waar sy ‘n kort tydjie aan Das Bauhaus studeer het.

. . . Irma Stern . . .

This article is issued from web site Wikipedia. The original article may be a bit shortened or modified. Some links may have been modified. The text is licensed under “Creative Commons – Attribution – Sharealike” [1] and some of the text can also be licensed under the terms of the “GNU Free Documentation License” [2]. Additional terms may apply for the media files. By using this site, you agree to our Legal pages . Web links: [1] [2]

. . . Irma Stern . . .

Back To Top