AF

Jimmy Carter

James Earl Carter Jr. (gebore 1 Oktober1924) was die 39ste president van die Verenigde State, van 1977 tot 1981. Voor dit was hy die goewerneur van die Amerikaanse staat Georgia. Hy het in 1979 die Camp David-vredesooreenkoms tussen Egipte en Israel help sluit. Carter is bekend as ’n godsdienstige persoon wat baie liefdadigheidswerk doen. Hy is ook ‘n outeur en ontvanger van die 2002Nobelprys vir Vrede.[1][2]

James E. Carter Jr.
39ste President van die Verenigde State
Ampstermyn 20 Januarie197720 Januarie1981
Voorganger Gerald Ford
Opvolger Ronald Reagan
Geboortedatum 1 Oktober 1924 (1924-10-01) (97 jaar oud)
Geboorteplek Plains, Georgia
Sterftedatum
Sterfteplek
Eerste Dame Rosalynn Carter
Politieke party Demokraat
Visepresident Walter Mondale
Handtekening

. . . Jimmy Carter . . .

Carter se inhuldiging as 39ste president van die Verenigde State in 1977.

James Earl Carter (Jimmy) se belangstelling in politiek kan teruggevoer word na sy pa, wat op Georgia se wetgewende liggaam gedien het. Sy politieke loopbaan het in 1962 begin toe hy vir die senatorskap van die staat Georgia gestaan het. Hy het vir twee agtereenvolgende termyne as senator van Georgia gedien. Gedurende hierdie periode het hy bekend geraak vir sy fiskale konserwatisme en sosiale liberalisme. Hy het veral daarin belanggestel om die onderwysstelsel te verbeter.

In 1974 – net voor die einde van sy tweede termyn as senator – het hy sy besluit bekend gemaak om hom verkiesbaar te stel as ‘n kandidaat in die presidensiële verkiesing. Carter het die verkiesing gewen en op 20 Januarie 1977 is hy as president van Amerika ingehuldig. Kort ná die verkiesing het hy egter begin om die steun van liberale Demokrate wat nie saamgestem het met sy ekonomiese beleid nie, te verloor.

In Julie 1980 het Carter die laagste goedkeuringsyfer van enige president in die geskiedenis gehad. Die gyselaarskrisis by die Amerikaanse ambassade in Teheran – waar 50 Amerikaners aangehou is – het grootliks bygedra tot Carter se beeld van swakheid en onbevoegdheid. In 1980 het hy die verkiesing verloor en is Ronald W. Reagan as die nuwe president van Amerika aangewys. Carter het egter nog steeds aktief betrokke gebly en as vryskut-ambassadeur vir ‘n aantal internasionale sendings gewerk en presidente geadviseer oor die Midde-Ooste en menseregtevraagstukke.

Later het Carter verskeie boeke geskryf, die Carter Center by die Emory-universiteit gestig en vir die Habitat for Humanity – wat huise vir die armes gebou het – gewerk. Hy het ook dwarsoor die wêreld getoer en met die verkiesing in Panama gehelp. Hy is ook baie betrokke by humanitêre aangeleenthede en het vredesonderhandelinge in Soedan, Eritrea en Ethiopië aangewakker.

Een van sy grootste pogings om vrede te bevorder, het in 1994 plaasgevind, toe hy met die Noord-Koreaanse leiers oor die kwessie van internasionale inspeksie van kernterreine vergader het. Hy het ook aan die hoof gestaan van ‘n groep Amerikaanse afgevaardigdes wat na Haiti gegaan het om die militêre leiers te oorreed om op ‘n vreedsame manier die leisels oor te gee aan die verkose president (wie se bewind hulle omvergewerp het). In 2002 het Carter die Nobel-prys vir Vrede ontvang vir sy volgehoue pogings om oplossings vir internasionale konflik te kry, die bevordering van demokrasie en menseregte en om ekonomie en sosiale ontwikkeling te bewerkstellig.

. . . Jimmy Carter . . .

This article is issued from web site Wikipedia. The original article may be a bit shortened or modified. Some links may have been modified. The text is licensed under “Creative Commons – Attribution – Sharealike” [1] and some of the text can also be licensed under the terms of the “GNU Free Documentation License” [2]. Additional terms may apply for the media files. By using this site, you agree to our Legal pages . Web links: [1] [2]

. . . Jimmy Carter . . .

Back To Top