AF

Johanna du Plooy

Johanna Magrieta du Plooy (noemnaam Dollie, née Le Roux, Olifantshoek, distrik Kuruman, 21 Junie1910Potchefstroom, 21 September1996) was ’n onderwyseres, jare lange redaktrise van die Gereformeerde Kerk se vroueblad, Die Gereformeerde Vroueblad, en predikantsvrou.

Johanna du Plooy in die tyd toe sy redaktrise van Die Gereformeerde Vroueblad was.
Johanna du Plooy en haar man, ds. J.F. du Plooy.
Johanna du Plooy se eggenoot, ds. J.F. du Plooy (regs), tydens die ingebruikneming van die nuwe Gereformeerde kerk Florida, met Totius, wat tydens die geleentheid opgetree het, op die agtergrond.

. . . Johanna du Plooy . . .

Johanna le Roux was ’n dogter van J.A. le Roux (gebore 26 Oktober1878) en sy vrou, Johanna Margaretha Kruger (gebore 26 Julie1879). Haar grootoupa was G.H.J. Kruger van die plaas Beskuitfontein, distrik Venterstad, wat in Januarie 1860 een van die stigters was van die eerste Gereformeerde kerk in die Kaapkolonie, Burgersdorp. Aan dié kant van die familie was sy verlangs verwant aan di. J.H. Kruger en G.H.J. Kruger. Sy het aan die Hoër Volkskool, Graaff-Reinet, gematrikuleer en daarna in 1931 die graad B.Sc. aan die Potchefstroomse Universiteitskollege behaal en ’n jaar later die Hoër Onderwysdiploma. Die Raadsmedalje vir die mees verdienstelike vrouestudent is in 1931 sowel as ’32 aan haar toegeken en haar naam het boaan die erelys in die Lettie du Plessissaal vir vroue op Potchefstroom gepryk.

Ná ’n onderwysloopbaan van vier jaar is sy in op 6 Januarie1937 in die Gereformeerde kerk Kuruman met ds. J.F. du Plooy (gebore op 14 Junie1907) getroud in die tyd toe hy leraar was van die Gereformeerde kerk Johannesburg-Oos (Jeppe), sy tweede werkkring. As jong, ongetroude predikant was hy van 1933 tot ’36 die eerste leraar van die Gereformeerde kerk Oos-Londen. In 1926, terwyl hy teologie op Potchefstroom studeer het, was hy die eerste atleet in ’n span van die PUK vir CHO wat ‘n enkele punt kon aanteken op ‘n Dalrymple-byeenkoms en wel deur derde te kom in die 120 tree-hekkies. Die gemeentes waarin hulle agtereenvolgens gewerk het, was, Johannesburg-Oos 1937–’43, Florida 1943–’58 en Stilfontein 1958–’74. Ds. Du Plooy het in laasgenoemde jaar sy emeritaat aanvaar en is oorlede op 28 November1992. Twee seuns, ds. Koos du Plooy (gebore 16 Januarie1938) en Andries Le Roux du Plooy (gebore 22 Oktober1944), en een dogter, Johanna Margaretha Smith (gebore 24 Junie1940), is hul huwelik gebore.

Ds. en mev. Du Plooy sou eindelik 21 jaar lank op die Rand arbei. Tydens hul tyd in Florida was Delarey en Roodepoort ook deel van die pastoriepaar se arbeidsveld. Ds. Du Plooy het die hoeksteen van Florida se kerkgebou op 18 Oktober1947 gelê. Dis in 1948 voltooi en dr. J.D. du Toit (Totius) het by die inwyding opgetree. Die kerksaal, wat die naam Johannes Calvyn gekry het, is langs die kerkgebou opgerig.

Op Stilfontein het sy en haar man ook baanbrekerswerk gedoen in die jong gemeente wat 27 Oktober1957 saam met Orkney as een gemeente met 230 belydende lidmate van die Gereformeerde kerk Klerksdorp afgestig het. Eredienste is elke Sondagoggend op Orkney en in die middag op Stilfontein gehou. Die afstigting het plaasgevind in die NG gemeente Stilfontein se nuwe kerkgebou wat die dag voor die Gereformeerde kerk se stigting ingewy is.

Op 22 Februarie 1958 is ds. J.F. du Plooy as eerste predikant bevestig. Hy en sy vrou sou hier bly tot 1974, toe hy sy aftree. Eers is ‘n pastorie en ‘n kerksaal op Orkney gebou. Op 3 Desember 1961 het die Orkney afgestig, maar in kombinasie met Stilfontein gebly sodat ds. en mev. Du Plooy steeds vir albei dorpe verantwoordelik was. Op 13 Mei 1963 het die bouwerk aan Stilfontein sde kerk begin en op 31 Augustus 1963 het ds. Du Plooy die hoeksteen gelê. Die orrel, ‘n geskenk van die vrouelidmate onder mev. Du Plooy se leiding, is deur SA Orrelbouers geïnstalleer. Die kerkgebou is op 8 Februarie 1964 in gebruik geneem.

. . . Johanna du Plooy . . .

This article is issued from web site Wikipedia. The original article may be a bit shortened or modified. Some links may have been modified. The text is licensed under “Creative Commons – Attribution – Sharealike” [1] and some of the text can also be licensed under the terms of the “GNU Free Documentation License” [2]. Additional terms may apply for the media files. By using this site, you agree to our Legal pages . Web links: [1] [2]

. . . Johanna du Plooy . . .

Back To Top