.jpg/678px-KYLE_ABBOTT_(15085178894).jpg)
Kyle John Abbott (gebore 18 Junie1987[1] in Empangeni) is ‘n Suid-Afrikaanse eersterangse krieketspeler wat vir die Dolphins in plaaslike krieket speel.[2] Hy is ‘n regterarm mediumvinnige bouler. Hy het vir die Suid-Afrika A-krieketspan gespeel.
Hy is aangewys as die plaasvervanger vir die beseerde Jacques Kallis in die Suid-Afrika nasionale krieketspan vir die derde toets teen Pakistan in Februarie 2013.[3] Hy het sewe paaltjies ingeoes tydens sy debuut in die 3de toets teen Pakistan in Februarie 2013.[4] Dit was die negende beste syfers van alle tye vir ‘n debutant in toetskrieket.
In 2006 en 2007 het Kyle krieket gespeel vir ‘n Engelse dorpie genaamd Clevedon Krieketklub[5] wat in die Westedeel van die Engeland Premier League – Bristol Somerset. Dit is hier waar hy raakgesien is deur Somerset CCC, en toe ‘n plek in hul tweede span gekry het.
In 2015 is Abbott in die IPL 8 veiling deur die Chennai Super Kings gekoop.
Hy speel in Toetse, EDI‘s en Twintig20-wedstryde vir die Proteas. Hy het onder meer tydens die Krieketwêreldbeker 2015 vir Suid-Afrika gespeel.
. . . Kyle Abbott . . .
- “ESPN CricInfo profile” (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Junie 2017. Besoek op 19 Februarie 2013.
- “Tahir laat steeds die paaltjies spat”. Maroela Media. 29 Augustus 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Desember 2019. Besoek op 30 Augustus 2019.
- Injured Morkel out of third Test, Kyle Abbott in
- “Pakistan tour of South Africa, 3rd Test: South Africa v Pakistan at Centurion, Feb 22-26, 2013”. espncricinfo (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Julie 2017. Besoek op 23 Februarie 2013.
- “argiefkopie”. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Desember 2013. Besoek op 1 Maart 2015.
. . . Kyle Abbott . . .