AF

Lyndhurst

Lyndhurst is ’n voorstad van Johannesburg, sowat 11 km noordoos van die stadsaal geleë.

Lyndhurst

Lyndhurst
 Lyndhurst se ligging in Gauteng
Koördinate: 26°08′30″S28°06′50″O
Land  Suid-Afrika
Provinsie Gauteng
Munisipaliteit Stad Johannesburg
Hoofplek Johannesburg
Oppervlak

[1]
  Totaal 1,26 km2 (0,49 vk. myl)
Bevolking

 (2011)[1]
  Totaal 3 813
  Digtheid 3 026/km2 (7 840/vk. myl)
Rasverdeling (2011)

[1]
  Wit mense 29,6%
  Indiërs/Asiërs 9,5%
  Bruin mense 3,8%
  Swart mense 56,4%
  Ander 0,7%
Taal (2011)

[1]
  Engels 54,3%
  Zoeloe 13,3%
  Noord-Sotho 4,8%
  Tswana 4,6%
  Ander 23,0%

Lyndhurst word in die weste en noordweste deur Kew begrens, in die noorde deur Witney Gardens, in die noordooste deur Corlett Gardens en Dunsevern, in die ooste deur Edenvale, in die suidooste deur Sunningdale, in die suide deur Sunningdale Ridge en in die suidweste deur Glenhazel. Lyndhurst, wat uitgelê is in ’n langwerpige vorm van die suidweste na die noordooste, beslaan sowat 1 km² en strek oor 2,4 km van die weste na die ooste, maar net sowat 700 m op die verste punte in die noorde en suide.

Die New Dictionary of South African Place Names meld nie wanneer Lyndhurst aangelê is nie, maar wel dat dit moontlik na Lyndhurst naby Southampton in Engeland genoem is.

. . . Lyndhurst . . .

Nes die res van Johannesburg se noordoostelike voorstede, was Lyndhurst tradisioneel oorwegend Engelssprekend met ‘n taamlik sterk Joodse teenwoordigheid. Tog is hier in 1919 ’n klein Afrikaansmediumskool gestig wat later die Laerskool Lyndhurst sou word en tot omstreeks 1990 bestaan het, toe die dalende leerlingtal die skool gedwing het om na Engelsmediumonderrig oor te skakel. Dit staan sedertdien bekend as Lyndhurst Primary School en onderrig hoofsaaklik swart leerders, nes die nabygeleë Glenhazel Primary School, Northview High School en Sandringham High School; trouens, die meeste voormalige Model C-skole in die omgewing.

In 1959 is in die nabygeleë Kew die NG gemeente Noordoos-Rand gestig, wat lidmate in Lyndhurst ingesluit het, maar laat in die 1970’s is dit saam met Johannesburg-Sterrewag (Observatory) by Johannesburg-Noordingelyf. Dié gemeente, wat tweetalig geword en sy naam na Andrew Murray verander het, se kerkgebou is in Orchards, sowat 4,3 km soos die kraai vlieg suidwes van Lyndhurst af en naby aan waar die enigste ander Afrikaanse skool in die noordooste, die Laerskool Dirkie Uys, in 1997 parallelmedium en in 2000 slegs Engels geword, toe die naam na Orchards Primary School verander is. Die naaste staatskool wat primêre onderrig deur medium Afrikaans aanbied, is nou die Laerskool M.W. de Wet in Edenvale, eens ’n Afrikaanse skool, maar in 2018 sowat twee derdes Engels.

Die naaste gemeente van die Nederduitsch Hervormde Kerk was Johannesburg-Noord, gestig in 1931 en met sy kerkgebou in Highlands-Noord. Omstreeks 2000 is dié kerkgebou verkoop en het die gemeente kort daarna sy naam verander en na Midrand verskuif, waar hy ‘n kerkgebou saam met die Gereformeerde kerk Midrand opgerig het. Die naaste Gereformeerde gemeente is die Gereformeerde kerk Edenvale, sowat 3 km soos die kraai vlieg van hier af.

  • (en) Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers
  • (af) Stals, prof. dr. E.L.P (red.). 1978. Afrikaners in die Goudstad. Deel 1. 1886 – 1924. Kaapstad en Pretoria: HAUM.
  1. “Subplek Lyndhurst”. Sensus 2011.
Voorstede van Johannesburg
Streek A
Streek B
Albertskroon ·Albertville ·Albertsville ·Aldara Park ·Amalgam ·Auckland Park ·Berario ·Beverley Gardens ·Blackheath ·Blairgowrie ·Bordeaux ·Bosmont ·Brixton ·Bryanbrink ·Bryanston-Wes ·Claremont ·Coronationville ·Country Life Park ·Cowdray Park ·Craighall ·Craighall Park ·Cramerview ·Cresta ·Crown ·Daniel Brinkpark ·Darrenwood ·Dunkeld ·Dunkeld-Wes ·Emmarentia ·Ferndale ·Florida Glen ·Fontainebleau ·Forest Town ·Franklin Roosevelt Park ·Glenadrienne ·Gleniffer ·Greenside ·Greymont ·Hurlingham Gardens ·Hurst Hill ·Hyde Park ·Industria ·Jan Hofmeyr ·Kensington B ·Linden ·Longdale ·Lyme Park ·Malanshof ·Martindale ·Melville ·Mill Hill ·Montclare ·Montgomery Park ·Montroux ·New Brighton ·Newclare ·Newlands ·Northcliff ·Oerderpark ·Parkhurst ·Parkmore ·Parktown-Noord ·Parkview ·Praegville ·Presidentrif ·Randburg ·Randpark ·Randparkrif ·Richmond ·Risidale ·Riverlea ·Rossmore ·Rosebank ·Ruiterhof ·Sandhurst ·Solridge ·Sophiatown ·Strijdompark ·Vandia Grove ·Victory Park ·Vrededorp ·Waterval Estate ·Westbury ·Westcliff ·Westdene ·Willowild


Streek C
Streek D
Streek E
Abbotsford ·Alexandra ·Atholhurst ·Atholl ·Atholl Gardens ·Bagleyston ·Benmore Gardens ·Birdhaven ·Birnam ·Bramley ·Bramley-Noord ·Bramley Park ·Bruma ·Bryanston ·Cheltondale ·Chislehurston ·Cyrildene ·Dennehof ·Dewetshof ·Edenburg ·Elton Hill ·Epsom Downs ·Fairway ·Fairwood ·Fellside ·Forbesdale ·Fourways ·Gallo Manor ·Glenhazel ·Greenstone Hill ·Gresswold ·Hawkins Estate ·Highlands-Noord ·Houghton Estate ·Hurl Park ·Illovo ·Inanda ·Kentview ·Kew ·Killarney ·Klevehill Park ·Linksfield ·Littlefillan ·Lone Hill ·Lyndhurst ·Magaliessig ·Marlboro ·Marlboro Gardens ·Maryvale ·Melrose ·Melrose Estate ·Melrose-Noord ·Morningside ·Mountain View ·Norwood ·Oaklands ·Orange Grove ·Orchards ·Parkwood ·Percelia Estate ·Petervale ·Raedene Estate ·Raumarais Park ·River Club ·Riviera ·Rivonia ·Rouxville, Johannesburg ·Sandown ·Sandton ·Savoy Estate ·Saxonwold ·Simba ·Strathavon ·Sunningdale ·Sunningdale Ridge ·Sunset Acres ·Sydenham ·Talboton ·The Gardens ·Victoria ·Waverley ·Wierda Valley ·Winston Ridge ·Woodlands ·Woodmead ·Wynberg


Streek F
Aeroton ·Alan Manor ·Alveda ·Bassonia ·Belgravia ·Bellevue ·Bellevue-Oos ·Benrose ·Berea ·Bertrams ·Bezuidenhoutsvallei ·Booysens ·Braamfontein ·City Deep ·City and Suburban ·Cleveden ·Denver ·Cleveland ·Cottesloe ·Crosby ·Crown Gardens ·Doornfontein ·Droste Park ·Elandspark ·Elcedes ·Electron ·Elladoone ·Evans Park ·Fairview ·Ferreirasdorp ·Fietas ·Fordsburg ·Forest Hill ·Framton ·George Goch ·Gillview ·Glenanda ·Glenesk ·Glenvista ·Haddon ·Heriotdale ·Highlands ·Hillbrow ·Homestead Park ·Houghton Estate (gedeelte)  ·Jeppestown ·Johannesburg ·Joubertpark ·Judith’s Paarl ·Kenilworth ·Kensington ·Kibler Park ·Klipriviersberg ·Klipriviersberg Estate ·Lakeview ·Langlaagte-Noord ·La Rochelle ·Liefde en Vrede ·Lindberg Park ·Linmeyer ·Lorentzville ·Malvern ·Marshalltown ·Mayfair ·Mayfair-Wes ·Mayfield Park ·Meredale ·Moffat View ·Mondeor ·Mulbarton ·Nasrec ·New Centre ·Newtown ·Nieu-Doornfontein ·Oakdene ·Observatory ·Ophirton ·Ormonde ·Paarlshoop ·Pageview ·Park Central ·Parktown ·Prolecon ·Randview ·Regents Park ·Reuven ·Rewlatch ·Reynolds View ·Ridgeway ·Riepenpark ·Risana ·Rispark ·Robertsham ·Roseacre ·Rosettenville ·Salisbury Claims ·Selby ·Southdale ·Southfork ·Southgate ·Spes Bona ·Springfield ·Stafford ·Steeledale ·Suideroord ·Suidheuwels ·Sunnyside ·The Gables ·The Hill ·Theta ·Towerby ·Townsview ·Troyeville ·Tulisa Park ·Turf Club ·Turffontein ·Unigray ·Village Deep ·Village Main ·Wanderers View ·Wemmer ·Westgate ·Wolhuter ·Yeoville


Streek G

. . . Lyndhurst . . .

This article is issued from web site Wikipedia. The original article may be a bit shortened or modified. Some links may have been modified. The text is licensed under “Creative Commons – Attribution – Sharealike” [1] and some of the text can also be licensed under the terms of the “GNU Free Documentation License” [2]. Additional terms may apply for the media files. By using this site, you agree to our Legal pages . Web links: [1] [2]

. . . Lyndhurst . . .

Back To Top