AF

Menno ter Braak

Menno ter Braak (26 Januarie190214 Mei1940) was ‘n Nederlandsemodernistieseskrywer.

Menno ter Braak
Gebore (1902-01-26)26 Januarie 1902

Eibergen, Gelderland
Sterf 14 Mei 1940 (op 38)

Den Haag
Nasionaliteit Nederlands
Alma mater Universiteit van Amsterdam
Beroep Skrywer

. . . Menno ter Braak . . .

Ter Braak is gebore in Eibergen en het grootgeword in die stad Tiel waar hy ‘n voorbeeldige leerling was. Hierna studeer hy aan Universiteit van Amsterdam waar hy as hoofvakke Nederlands en Geskiedenis neem. Hy het gereeld bygedra tot die studentetydskrif Propria Cures en het belanggestel in die studie van film (destyds ‘n baie jong dissipline).

Saam met Joris Ivens was Menno ter Braak ook ‘n stigter van die Filmliga, ‘n organisasie vir die studie van geanimeerde film. Hy het ‘n Ph.D. proefskrif oor die Middeleeuse keiser Otto III voltooi en agtereenvolgens as onderwyser in ‘n aantal sekondêre skole gewerk.

In 1932 begin ter Braak saam met Edgar du Perron en Maurice Roelants die literêre tydskrif Forum, wat een van die belangrikste literêre tydskrifte in die Nederlandssprekende wêreld (dit het uitdruklik ook Vlaamse intellektuele betrek) in die dertigerjare van die 20ste eeu sou word. Forum is algemeen beskou as ‘n bolwerk van kulturele elitisme, wat ‘n hoë kulturele vlak van diskoers, ‘n rasionele vorm van literêre kritiek, gevolglike individualisme en ‘n ernstige afkeur van alle intellektuele ornamentasie bepleit het. “Vent boven vorm” (los vertaal: ‘persoonlikheid bo vorm’) was die sleutelwoord van die Forum beweging, en Multatuli was een van die belangrikste vergestaltings daarvan.

In 1933 het Ter Braak, toe in Den Haag, by die Nederlandse liberale dagblad ‘Het Vaderland’ aangesluit as ‘n literêre redakteur. Hy was een van die eerste Nederlanders wat die bedreiging van die Nasionaal-Sosialiste begryp het. In hierdie jare het hy die [het] Comité van Waakzaamheid geskep. As intellektueel is hy die bekendste vir sy essays, waarvan die meeste oor Europese kultuur, politiek of ‘n mengsel van die twee handel. Hy is duidelik beïnvloed deur Nietzsche en sy styl is doelbewus paradoksaal.

In sy laaste en bekendste essays is hy krities teenoor diegene wat hulself aan “hoër” en “geestelike” waardes onderwerp. Sodoende ontmasker hy die hiërargieë agter hierdie waardes wat ten doel het om hul eie agenda te bevorder. Teen hierdie onderwerping aan vreemde owerhede en valse waardes stel ter Braak die individualistiese ideaal van die honnête homme, die “Man van integriteit”, wat nie sal meedoen aan andere se verwagtinge en stelsels nie.

Teen die einde van sy lewe het hy toenemend betrokke geraak by die groeiende anti-fascistiese beweging in Nederland. Toe die Tweede Wêreldoorlog in 1939 uitbreek het hy in ‘n diep depressie verval. Vier dae nadat Duitsland Nederland binnegeval het, en nadat hy ‘n mislukte poging aangewend het om na Engeland te vlug, het ter Braak op 14 Mei 1940 in Den Haag selfmoord gepleeg deur ‘n kalmeermiddel te gebruik, gekombineer met ‘n inspuiting (waarskynlik toegedien deur sy broer Wim ter Braak, wat ‘n geneesheer was) gif.[1] Hy het gesterf op die dag dat die Luftwaffe sy voormalige tuisstad van Rotterdam gebombardeer het.

Sy invloed het redelik bestendig gebly en tot in die vyftigerjare geduur; gedurende die vyftigerjare het sy invloed begin afneem, maar ‘n aantal literêre tydskrifte, veral ‘Libertinage’ en ‘Tirade’, het getrou gebly aan ‘n aantal van Ter Braak se idees.

  • 1928 – Kaiser Otto III. Ideal und Praxis im frühen Mittelalter (Ph.D. verhandeling)
  • 1929 – Cinema militans (essay)
  • 1930 – Het carnaval der burgers. Een gelijkenis in gelijkenissen (essay)
  • 1931 – De absolute film (essay)
  • 1931 – Afscheid van domineesland (essay)
  • 1931 – Hampton Court (roman)
  • 1931 – Man tegen man (essay)
  • 1932 – Démasqué der schoonheid (essay)
  • 1932-1935 – Forum Maandschrift voor letteren en kunst (tydskrif)
  • 1933 – Dr. Dumay verliest… (roman)
  • 1934 – Politicus zonder partij (essay)
  • 1935 – De pantserkrant. Een tragicomedie van wapens, schrijfmachines en idealen. Gevolgd door een brief aan een vijandin van het tooneel (toneelstuk)
  • 1935 – Het tweede gezicht (essays)
  • 1937 – Douwes Dekker en Multatuli (essay)
  • 1937 – Van oude en nieuwe Christenen (essay)
  • 1937 – Het Christendom. Twee getuigenissen in polemische vorm (essays) (met Anton van Duinkerken as mede-outeur)
  • 1937 – Het nationaal-socialisme als rancuneleer (essay)
  • 1938 – In gesprek met de vorigen (essay)
  • 1938 – Mephistophelisch (essay)
  • 1938 – De Augustijner monnik en zijn trouwe duivel (essay)
  • 1939 – De nieuwe elite (essay)
  • 1943 – De duivelskunstenaar. Een studie over S. Vestdijk (essay)
  • 1944 – Reinaert op reis (essays)
  • 1945 – Over waardigheid en macht. Politiek-cultureele kroniek (essay)
  • 1945 – Journaal 1939 (dagboek)
  • 1946 – In gesprek met de onzen (essay)
  • 1949 – Briefwisseling Ter Braak – Du Perron. Een bloemlezing
  • 1949-1951 – Verzameld werk (sewe volumes)
  • 1962-1967 – Briefwisseling 1930-1940
  • 1965 – Het verraad der vlaggen (essays)
  • 1978 – De Propria Curesartikelen. 1923-1925
  • 1980 – De artikelen over emigrantenliteratuur. 1933-1940
  • 1992 – De draagbare Ter Braak

. . . Menno ter Braak . . .

This article is issued from web site Wikipedia. The original article may be a bit shortened or modified. Some links may have been modified. The text is licensed under “Creative Commons – Attribution – Sharealike” [1] and some of the text can also be licensed under the terms of the “GNU Free Documentation License” [2]. Additional terms may apply for the media files. By using this site, you agree to our Legal pages . Web links: [1] [2]

. . . Menno ter Braak . . .

Back To Top