AF

Saktyd

Saktyd is ’n Suid-Afrikaansewerklikheidsreeks wat tussen 17 Julie 2012 en 9 Oktober 2012 op die Afrikaanse betaalkanaal kykNET (kanaal 111 en 144[1]) op DStv uitgesaai is.[2] Die woord ‘saktyd’ verwys na die tyd wanneer ’n tydskrif of koerant gedruk moet word.[2]

Saktyd

Saktyd se amptelike logo
Genre Werklikheidsreeks
Geskep deur Huisgenoot
Beoordelaars Izelle Venter, Wicus Pretorius, Haidee Muller
Oorsprong  Suid-Afrika
Taal Afrikaans
Aantal seisoene 1
Aantal episodes 13
Verspreider kykNET
Uitsending
Oorspronklike lopie 17 Julie 2012 – 9 Oktober 2012

Die reeks is geloods in samewerking met Suid-Afrika se grootste, oudste en bekendste tydskrif, Huisgenoot, wat 13 deelnemers in verskillende take die kans gegun het om ʼn pos as joernalis by dié tydskrif los te slaan.[2]

Die reeks is op Dinsdae om 19:30 uitgesaai, en is vyf keer in die week op kykNET herhaal: Woensdae om 10:30, Vrydae om 00:00 en 22:00, Saterdae om 15:30 en Sondae om 09:00.[3]

In die finaal op 9 Oktober 2012 is die 26-jarige proefleser en kopieskrywerChristiaan Boonzaier van Kaapstad by Skouspel voor ‘n gehoor van 6000 mense as die algehele wenner aangewys.[4]

. . . Saktyd . . .

Volgens kykNET se bemarkingsbestuurder, Haddad Viljoen, is Saktyd se konsep deur Huisgenoot, kykNET en die produksiemaatskappy Homebrew Films geformuleer; die eindproduk is, volgens Viljoen, ’n eerste vir Suid-Afrika.[5] Haidee Muller, verslaggewer by Huisgenoot en Saktyd-beoordelaar, is egter van mening dat die idee grootliks die geesteskind van Esmaré Weideman – voormalige hoofredakteur van Huisgenoot, YOU en Drum, en tans Media24 se Uitvoerende Hoof – is.[6] Op haar beurt, het Weideman gesê dat die idee van Saktyd gebore is uit lesers en die publiek se versoeke om te weet wat dit verg om ʼn Huisgenoot-storie te skryf. Die program het dus, volgens Weideman, gepoog om vir aanhangers van Suid-Afrika se grootste tydskrif ʼn kykie te gee in die baie harde maar baie opwindende wêreld van weekblad-tydskrifjoernalistiek.[5] Tegelykertyd, het Izelle Venter – hoofbeoordelaar en ook Huisgenoot, YOU en Drum se huidige hoofredakteur – gesê dat die Huisgenoot-span daagliks talentvolle mense soek om by Huisgenoot te werk – en vandaar die idee van Saktyd, wat 13 deelnemers in 13 episodes uitgedaag het om ʼn pos as joernalis by dié tydskrif te wen.[5]

Saktyd se formaat is nie verskillend van ander werklikheidsreekse nie. In elk van die reeks se 13 episodes is uitdagings gestel wat basiese vaardighede getoets het – vaardighede wat ʼn persoon in die tydskrifbedryf benodig.[7] Alhoewel daar aanvanklik berig is dat die beoordelaars die deelnemers een-vir-een sal uitstem,[7] is daar in episode 3 (wat op 31 Julie 2012 uitgesaai is) twee wendings aangekondig:

  1. die verloorspan sal na Die Hok gestuur word – ‘n vertrek waar deelnemers wat swak skryfwerk gelewer het kon motiveer hoekom hulle nog ‘n kans gegun moet word,
  2. die deelnemers sal self die geleentheid kry om ‘n mede-deelnemer uit te stem.

Die deelnemer wat laaste oorbly word as die wenner gekroon.[7]

  • Izelle Venter – hoofredakteur (Huisgenoot, YOU en Drum)[2]
  • Wicus Pretorius – adjunkredakteur (Huisgenoot)[2]
  • Haidee Muller – verslaggewer (Huisgenoot)[2]

. . . Saktyd . . .

This article is issued from web site Wikipedia. The original article may be a bit shortened or modified. Some links may have been modified. The text is licensed under “Creative Commons – Attribution – Sharealike” [1] and some of the text can also be licensed under the terms of the “GNU Free Documentation License” [2]. Additional terms may apply for the media files. By using this site, you agree to our Legal pages . Web links: [1] [2]

. . . Saktyd . . .

Back To Top