Wetgewende verkiesings is gehou in Suid-Afrika op Woensdag, 2 Junie1999. Die African National Congress (ANC), wat aan die bewind is sedert die einde van die apartheidstelsel in 1994, is herverkies met ‘n vergrote meerderheid.

Hierdie was die tweede vrye verkiesings wat sedert die einde van die apartheidsera gehou is. Die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika bestaan uit 400 lede, verkies volgens proporsionele verteenwoordiging. Tweehonderd lede word vanuit nasionale partylyste verkies, en die ander 200 vanuit partylyste van elk van die nege provinsies. Die President van Suid-Afrika word gekies deur die Nasionale Vergadering ná elke verkiesing.
Die ANC, wat aan bewind is sedert 1994, het 66,35% van stemme op die nasionale stembrief gekry.
Die nuwe hoofopposisieparty was die Demokratiese Alliansie, heel moontlik van vorige ondersteuners van die Nuwe Nasionale Party. Die NNP het meeste van hul ondersteuning verloor, en het van 20,4% in 1994, na 6,9% in 1999 geval. Die Inkatha-Vryheidsparty het ook grond verloor.
. . . Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1999 . . .
African National Congress: 266 setels
Demokratiese Party: 38 setels
Inkatha-Vryheidsparty: 34 setels
Nasionale Party: 28 setels
United Democratic Movement: 14 setels
Afrika Christen Demokratiese Party: 6 setels
Vryheidsfront Plus: 3 setels
United Christian Democratic Party: 3 setels
African People’s Convention: 3 setels
Federale Alliansie: 2 setels
Minority Front: 1 setel
Afrikaner Eenheidsbeweging: 1 setel
Azanian People’s Organisation: 1 setel
. . . Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1999 . . .