AF

T20I-wêreldbeker 2026

Die T20I-wêreldbeker 2026 (Engels: 2026 ICC Men’s T20 World Cup) sal in Februarie 2026 in Indië en Sri Lanka plaasvind. Dit sal die tiende T20I-wêreldbeker in T20Ikrieket wees wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word.

Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind.
Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak.
T20I-wêreldbeker 2026
Datums Februarie – Februarie
Bestuurder Internasionale Krieketraad (IKR)
Krieketformaat Twintig20 (T20I)
Toernooiformaat Groep- en uitklopfase
Gashere  Indië
 Sri Lanka
Deelnemers 20
Wedstryde gespeel 55
2024
2028

. . . T20I-wêreldbeker 2026 . . .

Die T20I-wêreldbeker 2026 is deur die Internasionale Krieketraad in November 2021 aan Indië en Sri Lanka toegewys.[1]

Aan die T20I-wêreldbeker 2026 sal 20 spanne kan deelneem.[2]

In vier groepe van vyf spanne elk sal elke span een keer teen al die ander spanne wedstryde speel; vir ’n oorwinning word vier punte, terwyl vir ’n gelykop of geen uitslag twee punte toegeken word. Die boonste twee spanne van elke groep kwalifiseer vir die Super Agt. In die Super Agt sal die twee boonste spanne tot die halfeindrondte vorder, waarvan albei wenners in die eindstryd ontmoet. Altesaam 55 wedstryde word gespeel, waarvan 52 tydens die groepfase en die Super Agt en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd.

  1. (en) Nagraj Gollapudi (16 November 2021). “USA co-hosts for 2024 T20 WC, Pakistan gets 2025 Champions Trophy, India and Bangladesh 2031 World Cup”. ESPNcricinfo. Besoek op 24 November 2021.
  2. (en) Nagraj Gollapudi (1 Junie 2021). “ICC expands men’s world events: ODI WC to 14 teams, T20 WC to 20 teams”. ESPNcricinfo. Besoek op 24 November 2021.

T20I-wêreldbeker

Suid-Afrika 2007Engeland 2009Wes-Indië 2010Sri Lanka 2012Bangladesj 2014Indië 2016Oman / Verenigde Arabiese Emirate 2021Australië 2022Verenigde State / Wes-Indië 2024Indië / Sri Lanka 2026Australië / Nieu-Seeland 2028Engeland / Ierland / Skotland 2030

. . . T20I-wêreldbeker 2026 . . .

This article is issued from web site Wikipedia. The original article may be a bit shortened or modified. Some links may have been modified. The text is licensed under “Creative Commons – Attribution – Sharealike” [1] and some of the text can also be licensed under the terms of the “GNU Free Documentation License” [2]. Additional terms may apply for the media files. By using this site, you agree to our Legal pages . Web links: [1] [2]

. . . T20I-wêreldbeker 2026 . . .

Back To Top