AF

Tonga

Tonga (Engels: [ˈtɒŋə] of [ˈtɒŋɡə]; Tongaans: [ˈtoŋa][6]), amptelik die Koninkryk Tonga (Engels: Kingdom of Tonga; Tongaans: Puleʻanga Fakatuʻi ʻo Tonga), is ‘n eilandstaat in die Stille Oseaan en Oseanië wat uit 169 eilande bestaan, waarvan 36 bewoon is. Tonga beslaan ‘n oppervlakte van 748 km² en het ‘n bevolking van 100 651 in 2016 gehad.

Ligging van Tonga
Kaart van Tonga

Kingdom of Tonga(Engels)
Puleʻanga Fakatuʻi ʻo Tonga(Tongaans)
Koninkryk Tonga
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Ko e ʻOtua mo Tonga ko hoku tofiʻa
(Tongaans vir: “God en Tonga is my erfenis”)
Volkslied: Ko e fasi ‘o e tu’i ‘o e ‘Otu Tonga
(Tongaans vir: “Die lied van die koning van die Tonga-eilande”)
Hoofstad Nukuʻalofa

21°8′S175°12′W

Grootste stad Nukuʻalofa
Amptelike tale Tongaans en Engels
Regering

Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
Tupou VI
Pohiva Tuʻiʻonetoa
Onafhanklikheid

• Huidige grondwet
• van die Verenigde Koninkryk
4 November1875
4 Junie1970
Oppervlakte
 – Totaal
 
 – Water (%)
 
748 km2 (175ste)
289 myl2
4,0
Bevolking
 – 2016-sensus
 Digtheid
 
100 651[1]
139 / km2 (76ste)
360 / myl2
BBP (KKP)
 – Totaal
 – Per capita
2020-skatting

$688 miljoen[2]
$6 867[2]

BBP (nominaal)
 – Totaal
 – Per capita
2020-skatting

$509 miljoen[2]
$5 083[2]

MOI (2018) 0,717[3] (105de)   hoog
Gini (2015) 37,6[4]  medium
Geldeenheid Paʻanga (TOP)
Tydsone
 Somertyd
(UTC+13)
(UTC+14[5])
Internet-TLD .to
Skakelkode +676

Tonga is in die ooste van Fidji, in die suidooste van Wallis en Futuna, in die suide van Samoa, in die suidooste van Amerikaans-Samoa, in die weste van Niue en die Cookeilande en in die noorde van Nieu-Seeland geleë. Die hoofstad en grootste stad is Nukuʻalofa.

Die Nederlandse ontdekkingsreisiger Willem Schouten het Tonga in 1616 as eerste Europeër bereik, gevolg deur Abel Tasman in 1643. In 1773, 1774 en 1777 het die Britse ontdekkingsreisiger James Cook Tonga besoek. In 1845 het die ambisieuse jong vegter, strateeg en woordvoerder Tāufa’āhau Tonga as ‘n koninkryk verenig en in 1875 tot ‘n grondwetlike monargie verklaar. Tonga het ‘n beskermde staat geword, nadat die koninkryk op 18 Mei 1900 met die Verenigde Koninkryk ‘n Verdrag van Vriendskap onderteken het. Onder die beskerming van Groot-Brittanje kon Tonga as enigste Pasifiese land sy soewereiniteit en monargiese regering behou (in teenstelling met Hawaii en Tahiti). Die Verdrag van Vriendskap en Tonga se beskermingsstatus het in 1970 volgens gevestigde reëlings, wat in 1965 deur Koningin Sālote Tupou III ingestel is, geëindig. Tonga is ‘n unitêre parlementêre grondwetlike monargie binne die Britse Statebond met ‘n eie monarg as staatshoof. Tonga is een van slegs vyf lande binne die Britse Statebond, waar ‘n inheemse monarg op die troon sit (die ander vier is Broenei, Eswatini, Lesotho en Maleisië).

. . . Tonga . . .

Sewesrugbywedstryd tussen Uganda en Tonga, 2006
Tonga voer die sipi tau voor die wedstryd teen Frankryk tydens die Rugbywêreldbeker 2011 op

Rugby is verreweg die gewildste sportsoort in dié land en Tonga is een van die min lande waar rugby die hoofsport is. Slegs die Cookeilande, Fidji, Nieu-Seeland, Samoa en Wallis kan soortgelyke bewerings maak.[7] Die Tongaanse nasionale rugbyspan het sedert 1987 vir byna elke rugbywêreldbekertoernooi (behalwe vir dié van 1991) gekwalifiseer en behoort tot die 12 top-rugbyspanne wêreldwyd. Hulle is veral bekend vir die tradisionele sipi tau-oorlogsdans voor elke wedstryd.

Soos in ander Pasifiese eilandstate word op Tonga ‘n tradisionele plaaslike soort krieket beoefen, lanita genoem.[8]

. . . Tonga . . .

This article is issued from web site Wikipedia. The original article may be a bit shortened or modified. Some links may have been modified. The text is licensed under “Creative Commons – Attribution – Sharealike” [1] and some of the text can also be licensed under the terms of the “GNU Free Documentation License” [2]. Additional terms may apply for the media files. By using this site, you agree to our Legal pages . Web links: [1] [2]

. . . Tonga . . .

Back To Top