AF

Wes-Australië

Wes-Australië is ‘n Australiese deelstaat wat die hele westelike derde van die Australiese kontinent beslaan. Die land se grootste staat het 2,1 miljoen inwoners (10% van die totale bevolking), van wie 85% in die suidwestelike hoek van die staat woonagtig is.

Western Australia
Wes-Australië
(Vlag van Wes-Australië) (Landswapen van Wes-Australië)
Bynaam : Wildeblom Staat of die Goue Staat
Leuse :
Ander deelstate en gebiede van Australië
Land Australië
Hoofstad Perth
34°55′S138°36′O
Grootste stad Perth
Goewerneur Kim Beazley
Premier Mark McGowan (LP)
Oppervlakte 2 645 615 km²
 – Land 2 529 875 vk km
 – Water 115 740 vk km (4,37%)
Bevolking (2009)
 – Totaal 2 236 900 inw.
 Digtheid 0,88 inw./vk km
Poskode WA
Tydsone UTC +8
Webwerf www.wa.gov.au

. . . Wes-Australië . . .

Wes-Australië word begrens deur Suid-Australië en die Noordelike Gebied aan die ooste en die Indiese Oseaan in die weste en noorde. In Australië word daar amptelik na die suidelike deel van die oseaan verwys as die Suidelike Oseaan, terwyl die Internasionale Hidrografiese Organisasie daarna verwys as die Indiese Oseaan.[1] Die totale lengte van die staat se oostelike grens is 1 862 km,[2] en die staat se kuslyn is 12 889 km lank.[3] Die totale landoppervlakte van die staat 2,5 miljoen km2.[4]

Die grootste deel van Wes-Australië bestaan uit die baie ou Yilgarn kraton en die Pilbara kraton wat saam met die Deccan van Indië, Madagaskar en die Karoo en Zimbabwe die kratons van Suidelike Afrika deel was van ‘n superkontinent Ur, een van die oudste superkontinente op aarde (3 200 – 3 000 miljoen jaar gelede). Daar het sedertdien geen bergvorming buiten die Stirlingreeks plaasgevind nie en daarom is daar baie erosie van die grond plaasgevind en is geen deel van die staat hoër as 1 245 meter bo seespieël nie. Die meeste dele vorm ‘n lae plato met ‘n gemiddelde hoogte van ongeveer 400 meter bo seespieël met min reliëf en geen oppervlakaflope nie. Die land loop skerp af by die kusvlakte en vorm in sommige gevalle ‘n skerp platorand (soos in die geval van die Darling Eskarp naby Perth).

Die hoë ouderdom van die landskap veroorsaak dat die grond buitengewoon onvrugbaar is. Selfs grond wat afkomstig is van granietrots bevat ‘n ordegrootte minder fosfor en slegs die helfte soveel stikstof as vergelykbare grondsoorte op ander kontinente. Grond wat afkomstig is van sandvlaktes of ystersteen is selfs nog minder vrugbaar en bevat nog minder oplosbare fosfate en bevat ook min sink, koper, molibdeen en soms kalium en kalsium.

Wes-Australiese dorpe, nedersettings en padnetwerk

Die onvrugbaarheid van die grond vereis ‘n geweldige hoë inset in terme van kunsmis, veral superfosfaat. Oormatige gebruik van insekdoders en onkruiddoders het die insek- en bakteriebevolkings byna uitgeroei. Die kompaktering van grond deur swaar masjinerie en hoefdiere het groot skade aan die sensitiewe grond aangerig. Die grootskaalse skoonmaak van lande vir land- en bosboudoeleindes het ook groot skade aan die inheemse plant- en dierelewe aangerig. Gevolglik het die Suidwestelike streek van die staat ‘n hoër konsentrasie van seldsame, bedreigde flora en fauna as baie ander gebiede in Australië, wat dit een van die wêreld se probleemgebiede maak ten opsigte van biodiversiteit. Groot dele van die staat se graanstreek ervaar probleme met te hoë soutgehalte en die verlies van varswater.

. . . Wes-Australië . . .

This article is issued from web site Wikipedia. The original article may be a bit shortened or modified. Some links may have been modified. The text is licensed under “Creative Commons – Attribution – Sharealike” [1] and some of the text can also be licensed under the terms of the “GNU Free Documentation License” [2]. Additional terms may apply for the media files. By using this site, you agree to our Legal pages . Web links: [1] [2]

. . . Wes-Australië . . .

Back To Top